Loader

Boerrie~Omelet

2014-04-01
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (2.6 / 5)

2.6 5 11
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

11 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Torrijas

  • Kerrie Bakkies

  • Ham, Sampioen en Eier Bakkies

  • Basiese Wafels

  • Kaas Skons

Omelet: (per persoon)

3 eiers, geklits
bietjie melk
sout & peper

vulsel:
Boerewors – in happie grootte gesny (so groot stuk soos jy verkies ~ hang af hoe honger jy is vanmore…:)
bietjie mozzarella kaas – gerasper
bietjie cheddar kaas – gerasper
sout en vars swart gemaalde peper
2 dik tamatie skywe
botter

Maak bietjie botter warm in pan, braai wors stukke tot goudbruin
terwyl jy aan die eenkant van jou worspan die tamatieskywe braai,
laat die sappies met mekaar gesels
sout en peper na smaak

Klits eiers, bietjie melk, sout en peper liggies saam
Maak jou omelet pan lekker warm met botter
Gooi eiermengsel in die warm gebotter pan
Baie versigtig, lig die kante van die omelet en laat die ongekookte eier onder die gebakte eier in loop.
Bak met deksel op, totdat al die eier amper gestol het.
Sprinkel die hele omelet met mozzarella kaas
Skep dadelik warm gebraaide wors, en gebraaide tamatie skywe in die middel, sprinkel cheddar en bietjie ekstra mozzarella kaas oor. Vou die omelet dadelik toe.
Sit deksel op, en laat rus vir 1 minuut voor opdien
Sit warm voor met roosterbrood

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!