Loader

Kerrie Bakkies

2018-04-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.9 / 5)

4.9 5 10
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

10 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Heerlike ontbyt idee of selfs ‘n lekker ligte maaltyd. Wenk: jy kan ook blikbekers gebruik vir die lekker resep
(genoeg vir 4-6)

Vir die maalvleis:
500g bees maalvleis
2 el kookolie
1 ui, fun gekap
2 knoffeltoontjies, gekneus en gekap
I lourierblaar
2 el kerriepoeier
2 el tamatie puree
1 blikkie heel tamaties
2 el appelkooskonfyt
2 tl suiker
sout
gemaalde swartpeper

* eiers

Voorverhit oond na 180C
Verhit die olie, voeg lourierblaar by en braai dan die uie en knoffel saam tot goudbruin
Voeg kerriepoeier by en roer vinnig deur, voeg tamatie puree by, roer deur
Roer die maalvleis by en braai alles lekker saam tot geurig
Voeg die blik tamaties, appelkooskonfyt en suiker by, geur met sout en prut vir 10 min
Skep in oondvaste bakkies (of blikbekers) 2/3 vol met die Kerrie maalvleis
Breek ‘n eier of dalk twee indien verkies bo-op, geur met sout en gemaalde swartpeper
Bak vir + – 10 minute

Bedien dadelik warm met roosterbrood

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!