Kaas Skons
2015-07-09- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.1 / 5)
16 People rated this recipe
Related Recipes:
450g bruismeel plus bietjie ekstra vir werksoppervlak
5 ml rooipeper
5 ml sout
150g botter
300ml melk plus bietjie ekstra om skons mee te borsel
1 xtra groot eier
150g cheddar kaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 200 ° C
In ‘n lekker groot mengbak, meng bruismeel, rooipeper en sout goed
Met jou vingerpunte, frummel die botter in totdat dit soos broodkrummels lyk
Gooi die gerasperde kaas by, meng liggies
Klits melk en eier saam, voeg dan by die koekmeelmengsel om ‘n sagte deeg te vorm
Op ‘n goed meelbestrooide werkoppervlak, giet jou deeg uit en knie liggies deur
Druk deeg plat, so 2 cm dikte
Druk sirkels uit, vou oortollige deeg weer bymekaar, rol uit en druk weer sirkels tot al jou deeg opgebruik is
Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat
Borsel die skons liggies met ‘n bietjie melk
Bak vir 12-15 minute tot goed gerys en goudbruin
Laat afkoel op ‘n draadrak