Biltong en Kaas Rots Beskuitjies
2020-09-20Average Member Rating
(3.7 / 5)
6 People rated this recipe
Related Recipes:
Lekkerste peuselhappies vir om die vuur, vir die kosblik of sommer vir die lekker daarvan.
Jy benodig:
1kg Bruismeel
Kits Kaassouspoeier, 2el opgehoop (Knorr)
250g Botter – yskoud
1 kop gerasperde cheddar kaas
1½ kop fyn klam gekefde biltong
½tl rooipeper (cayene peper)
½tl Vars gemaalde swart peper
bietjie melk
Voorverhit oond 180C
In ‘n lekker groot mengbak sif saam bruismeel, kaassouspoeier en rooipeper
Rasper yskoue botter by, vryf in meelmengsel in tot soos broodkrummels lyk
Voeg nou kaas by, meng liggies en laastens klam biltong
Meng als goed deur en vorm ‘n stewige bal, gebruik bietjie melk indien nodig
Plaas in bak trek kleefplastiek oor, sit in yskas vir 30 min
Skep opgehoopte teelepels vol van die deeg in palm van jou hand en maak ballietjies
Plaas op gesmeerde bakplaat, vinger breedte uitmekaar, druk effe plat met jou duim
Bak in voorverhitte oond 10-12 min
Laat goed afkoel voor jy in lugdigte houer bêre, verkieslik op koel plek