Loader

Sjokolade Hawermout Rots Koekies

2020-06-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Spesery Sjokoladekoekies

  • Wortelmuffins met roomkaasversiersel

  • Piesang en Amarula Kolwyntjies

  • Milo-koekies

  • Biltong en Kaas Rots Beskuitjies

Koekblik bederfies, lekker vir deur die dag peusel, kosblikke of sommer in ‘n mooi pakkie as geskenkie

2 kop koekmeel
1 el kakao
mespunt sout
2 kop hawermout
1 kop klapper
1 kop muesli – enige geur
1½ kop bruinsuiker
250g botter
2 el stroop
1 tl koeksoda, aangemaak met n 80ml melk
1 groot eier geklits
1 tl vanieljegeursel

Voorverhit oond na 180 C
Smeer bakplate goed met botter

In ‘n lekker groot mengbak, sif die koekmeel, kakao en sout saam
Voeg by: hawermout, klapper, muesli en suiker en meng goed deur

Oor lae hitte, smelt die botter heeltemal, voeg die gouestroop by roer goed deur oor medium hitte
vir minuut of so. Laat effens afkoel

Gooi stroopmengsel oor die droë bestanddele
Meng tot deeg vorm goed met ‘n houtlepel, knie dan verder deeglik deur
Maak bak toe met kleefplastiek, en plaas in die yskas vir 30 minute

Skep teelepels vol in jou handpalm en vorm klein bolletjies, plaas dit op ’n bakplaat effe uit mekaar

Bak-15 minute in voorverhitte oond

Laat effens afkoel op die bakplate en pak dan op draadrakkies om heeltemal af te koel. Bêre in lugdigte houers.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!