Loader

APPELKOOSBOTTER OONDGEGEBAKTE SNOEK

2022-04-28
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Korslose snoek en uietert

  • Vis Paella

  • GEBAKTE STOKVIS SICILIAANS

  • VIS IN BIERBESLAG

  • Snoek Koningskos oor die kole

In die oond net so lekker. Snoek sy eie unieke lekker smaak, met die lekker van hand eet saam brood en in spanning die grate uit te haal.vir die volgende happie heilsaamheid

So gemaak

± 1.5 kg snoek – ontdooi
3 suurlemoene
koppie appelkooskonfyt
2 el vars gemmer, fyn opgekap
6 knoffeltoontjies – 4 heel, 2 gekneus en fyn opgekap
fyngekapte roosmaryn – paar los vars takkies
fyngekapte tiemie – paar los takkies
botter
swartpeper na smaak
sout na smaak

Klad die snoek met kombuispapier droog tot die meeste water geabsorbeer is.

Sny 2 suurlemoene op in dik skywe, pak die bodem van jou oondpan uit
Rangskik knoffeltoontjies, kruie bossies tussenin.
Stip klontjies botter oral
Plaas die snoek oop met vel onder bo op die suurlemoene
Druk sap van 1 suurlemoen bo oor vis uit
Vryf vis met botter, fyn gemmer en knoffel
Skep konfyt bo oor, versprei eweredig
Sprinkel met vars gekapte kruie, sout en peper na smaak

Trek oondpan met foelie oor.
Bak in 180°C voorverhitte oond vir so 30 minute
Verwyder foelie, bak droog soos verkies tot goudbruin.

Bedien dadelik.

Knoffelbroodjies, patats, mango atchar

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!