Loader

Snoek Koningskos oor die kole

2019-05-19
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 12
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

12 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Korslose snoek en uietert

  • Lewer op n stokkie

  • Vis Paella

  • GEBAKTE STOKVIS SICILIAANS

  • VIS IN BIERBESLAG

Die beste manier om snoek gaar te maak is oopgevlek en oor warm kole – Chef Don

Jy het nodig:
1 kg Braai Snoek – half ontdooi, moet nie die vel van die snoek verwyder nie
100 ml olyf olie

Sous om te bedruip:
200 ml fyn appelkooskonfyt
150 ml  STEERS prego sous
5 el botter
1 el gekneusde knoffeltoontjies
30ml suurlemoensap
vars gemaalde swartpeper na smaak

Meng die bestanddele vir die bedruipsous in ‘n kastrol, bring tot kookpunt oor medium hitte terwyl jy aanhou roer, laat prut 2 minute, verwyder van hitte en laat goed afkoel

Verf ‘n toeklaprooster met olie, en plaas die snoek oop gevlek, velkant na onder , vou rooster toe.
Braai eers die snoek 10 minute stadig oor matige tot warm kole, draai versigtig om braai 5 minute, draai weer terug velkant onder
Begin nou en smeer nou aanhoudend met die bedruipsous met ‘n kwas tot vis goudbruin en gaar is sodat die vis nie uitdroog nie
Smaak met sout en peper

Maak jou rooster oop, sit jou grootste houtbord oor die vis en keer die rooster om sodat die vis op die bord lĂȘ.

Sit dadelik voor saam potbrood & konfyt of ‘n lekker foelie patat

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!