Loader

Vis Paella

2023-09-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Korslose snoek en uietert

  • GEBAKTE STOKVIS SICILIAANS

  • VIS IN BIERBESLAG

  • APPELKOOSBOTTER OONDGEGEBAKTE SNOEK

  • Snoek Koningskos oor die kole

Ek hoop nou net as jy praat van ‘n vis paella resep, praat jy ook van seekos vis? Goed hier is ‘n wonderlike resep en ek self is nie van die Kaap af nie en is al op menigte kere gekomplimenteer met my paella wat ek bedien het, ek wil net noem my resep is so maklik en vinnig dat jy verstom sal staan met hoe lekker die resep is en hoe “min moeite” jy deur gegaan het om jou ete ‘n sukses te maak.

Goed laat ek begin:

Ek koop gewoonlik die marinade mix wat verkrygbaar is by amper enige groot ketting winkel, maar anders loop ek in ‘n seekos winkel in en koop so ‘n koppie na ‘n kopie en ‘n half van die volgende: shrimps, kalamari, crab sticks en so drie koppies mossels.
Dus jou resep is tot nou shrimps, kalamari en so drie koppies mossels, crab sticks nou koop jy ‘n boks “Smoked Hadock” en bak in ‘n oond pan en bak vir ‘n ½-uur in ‘n ½ litter melk met twee eetlepels botter. Dieselfde tyd wat jy die Hadock in die oond druk sit jy nou solank ‘n lekker pot rys op.
Neem ‘n wok of ‘n staalboom pot en braai die shrimps, kalamari, crab sticks en die drie koppies mossels in ‘n ½ koppie botter met ‘n goeie hoeveelheid knoffel na smaak – jy kan self besluit hoeveel knoffel jy wil insit- ek en my man is mal oor knoffel so ons “donner” dit in, gooi nou so ‘n ½ teelepel origanum in en so twee eetlepels suurlemoensap, braai tot gaar jy sal sien die grabsticks disintegreer effens dan is dit gaar, moennie baie roer nie anders raak die crab stick weg soos dit disintegreer.
By die tyd dat jy nou klaar is met die “braaisel” sal jou Hadock in die oond ook gaar wees, haal die vis nou uit en vlok dit, hou die melk. Gooi nou die geflokte vis by die braaisel en meng ligies.
Nou vat jy jou pot rys en maak twee blikkies gemengde groente oop en gooi by die rys en meng goed.
Ek meng gewoonlik nou die pot rys met die vis mengsel, maar dit is jou besluit of jy alles wil meng of apart voorsit.
Ek maak ook my paella met mushrooms en pynappel by so as jy van dit hou kan jy dit byvoeg saam met die seekos net voor jy dit van die plaat afhaal, dit rek jou paella baie en is lekker.
Ek maak gewoonlik twee souse saam met my paella en altwee word altyd opgeëet.
Vat nou die melk waarin jy jou Hadock gaar gemaak het in en maak ‘n lekker sout witsous met die melk, sit in ‘n bakkie apart dat die mense self die sous kan oorgooi.
Die ander sous wat ek saam met die paella bedien is tartar sous en hier is ‘n wen resep (het in ‘n Resturant gewerk en het hulle resep met my oë gesteel):
Rasper ‘n groot ui en gooi die waterigeheid af na jy dit gerasper het. Vat nou ‘n agurtjie of twee en rasper dit ook by die ui. Gooi nou ‘n koppie mayonaise by en gooi ‘n teelepeltjie suurlemoensap by en meng goed, kan ook ‘n titseltjie knoffel by gooi na smaak (Ek en my man se voorkeur) gooi ‘n fris knippie sout by en so ‘n ¼ teelepel mixed herbs, meng goed en bedien koud (as daar oorbly is dit ‘n lekker “Sandwith spread” saam met ‘n vleisigheid op brood – veral hoender)

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!