Tyd vir Vis & Chips !!!
2013-06-27- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.7 / 5)
3 People rated this recipe
Related Recipes:
Jy het nodig:
4 vis hake fillette – baie koud, maar nie gevries
1½ k koekmeel
knypie sout
vismasala
1 blikkie ysskoue bier
suurlemoensap
paar druppels egg yellow kleursel
sout vir sprinkel na bak
So gemaak:
Geur die vis eers goed met vars suurlemoensap en dan met vismasala.
Deeg:
Meng die meel, sout en masala goed. Voeg kleurse, en dan die yskoue bier by en klits tot glad.
Doop die vis in beslag en maak seker hy is mooi toe met deeg.
Vat aan stert se kant en laat sak egalig in die warm olie en braai tot goudbruin en bros aan albei kante. Sit op kombuispapier laat olie afdrip. Sprinkel met sout.
Bedien met chips en lekker dik snye brood
.