Smul Tuna Gebak
2014-08-13- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.1 / 5)
15 People rated this recipe
Related Recipes:
Smul lekker tuna en pasta gebak ~ liplekker wenner !
Bestandele
halwe pak skulpie pasta ~ amper gaar gekook met bietjie sout ~ gedreineer
2 eiers
1 kop melk
2 el wit uie-soppoeier
2 el koekmeel
1 klein ui, gekap
2 blikkies tuna chunks, (in olie) dreineer
2 koppies gerasperde cheddar kaas
1 handvol sampioene ~ gekap
1 groen soetrissie in repies gesny
3 el botter
sout en peper na smaak
rooipeper
Metode:
Voorverhit oond na 180°C
Kook pasta soos aangewys op pak ~ maar amper gaar en gedreineer
Braai die uie en groenrissie saam sampioene in bietjie botter tot geurig
Meng in by die pasta, voeg tuna by, geur met sout en peper na smaak
Meng 1 koppie kaas saam in. Meng deur.Gooi in ‘n oondvaste bak
Maak koekmeel en soppoeier aan met bietjie water, los al die klonte op
Voeg melk en eiers by, klits goed saam
Gooi bo-oor tuna ~ pasta gereg, en strooi die ander koppie kaas oor.
Sprinkel met rooipeper
Bak vir 45 minute tot goudbruin
Sit warm voor