Loader

Middel van die maand Potjie

2014-11-28
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.4 / 5)

3.4 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Beesstertpotjie

  • Lui Lekker Lamspotjie

  • Peri Peri Hoenderlewertjies in die Potjie

  • Dubbel Sjokolade Potjie Poeding

  • Flippen Lekker Wildsvleis-Potjie

Geurige Mins en Groente Potjie

halwe kop olie
1 kg bees maalvleis
2 groot uie grof gekerf
groen soetrissie grof gekap
2 aartappel – kwarte gesny
2-3 lemoenpampoentjies – halveer,pitte uitgekrap
3 knoffeltoontjies, gekneus
1 kop rou tastic rys
1 el kerriepoeier
1/2 tl borrie
paar tamaties , in dik skywe gesny
twee hande vol groenboontjies, gekerf
wortels ~ so 3 groot,en grof gekap
halwe kop blatjan
peper na smaak
sout na smaak
2 kop aftreksel
Gebruik no 3 pot, sal lekker wees as jy ‘n platboom potjie gebruik
Oor matige kole, verhit jou pot en olie
Braai die uie, knoffel en soetrissie totdat die uie deurskynend is.
Gooi by,kerriepoeier, borrie by en braai vir minuut of twee
Gooi nou die maalvleis by en braai die maalvleis totdat dit geurig gebraai is.
Sprinkel die rys bo-oor.
Pak die aartappels, tamaties en groenboontjies,wortelblokkies bo-oor in lae.
Plaas pampoentjies laaste onderste-bo op alles
Geur met sout en peper na smaak
Meng die blatjan en aftreksel en giet oor die alles.Maak toe en prut oor baie lae kole vir 50 minute tot rys en groente sag is.
Sit dadelik voor

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients: ,

Comment (1)

  1. posted by Bets Roos on January 15, 2015

    Julle resepte is heerlik!

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!