Flippen Lekker Wildsvleis-Potjie
2017-06-08- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4 / 5)
59 People rated this recipe
Related Recipes:
Die is kuierkos !
.
1½ kg Wildsvleis kook stukke van jou keuse
2 uie – gekap
8 knoffeltoontjies, gekneus
250g sampioene – halveer
1 groot groen soetrissie, gekap
300g gemengde droë vrugte
2 el matige kerriepoeier
2 el vars geskroei gemaalde koljander
½ tl fyn naeltjies
3 el bruinsuiker
750 ml Semi Soet Witwyn
100 ml bruin druiwe asyn
250 ml karringmelk
swart peper & sout
125 ml kookolie
kookwater soos nodig
.
Marineer die wildsvleis stukke in die karringmelk vir minstens 10 ure of oornag
Spoel die vleisstukke af met water
Verwarm kookolie in potjie en braai die ui en knoffel saam tot sag
Voeg kerriepoeier, koljander, naeltjies by en roer vinnig deur, gooi dan asyn en bruinsuiker by, roer deur
Voeg vleistukke by en roerbraai als lekker stadig saam vir 15 min tot geurig
Voeg sampioen, soetrissie, peper & sout na smaak, droë vrugte by
Gooi wyn oor, plaas deksel op, kook oor matige kole vir 2 tot 3 uur totdat die vleis sag is.
Probeer om nie te roer nie, en deksel min as moontlik op te lig
Voeg tussendeur kookwater by indien vloeistof min raak
Bedien met stampmielies, potbrood of selfs lekker mieliepap