Loader

Kerrie afval Potjie ( Skaap pens-en-pootjies)

2007-02-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 32
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

32 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Beesstertpotjie

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

1 x skaapkop, oopgekap en harsings uitgeskep
1 x skaappens skoongekrap
1 x skaaptongetjie ontvel
4 x skaappootjies
1 x skaapnek in skywe gesny
2-3 heel uie sout -en – peper, kerriepoeier na smaak
125 ml suiker (verkieslik bruin)
45 ml kerriepoeiermengsel ( van goeie gehalte)
1 x knoffelhuisie fyngedruk
Stampmielies/rys
sonneblomolie
250 g droë appelkose
500 ml “Old Brown Sherry”
10 ml bruin asyn
8-10 klein in die skil aartappels

Metode:
Gebruik ‘n #3 pot
Soteer uie tot deurskynend bruin , soteer tot deurskynend….
Bind uitgeskepte harsings in “kleinpensie “toe maar voeg genoegsame sout by
Plaas die “sakkie”in die pot tesame met die kop , pens en pootjies.
Rangskik die nekskywe, uie, knoffel en appelkose bo-op die vorige laag.
Meng die kerriepoeier,suiker,asyn,knoffel,sout-en-peper met die sjerrie en giet bo oor.
Laat prut die pot vir ±-4 ure tot vleis sag is en bedien saam met stampmielies of geelrys
Moet nie vergeet om die aartappels na ±3 ure in te sit om sag te kook nie.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!