Loader

Hoenderpastei

2007-02-15
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.2 / 5)

3.2 5 18
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

18 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Wors en Boontjie Kerrie met Pasteikors

  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

  • Bobaas Pastei

Watertand Lekker Hoenderpastei ~ met klaargemaakte skilferdeeg, hemels, hemels !

Jy gaan nodig he:
750 ml witwyn
8 – 10 hoenderborsies, met vel
30 ml gekapte knoffel
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
200 g gekookte ham, in blokkies gesny (1 cm)
2 uie, grof gekap
250 g knopiesampioene, in dun skywe gesny
250 ml vars, gekapte pietersielie

Sous

250 g botter
250 ml koekmeelblom
500 ml hoenderaftreksel
250 ml aangesuurde room
500 ml melk

400 g blaardeeg, ontdooi en uitgerol
1 eier, geklits
Metode

Verhit die witwyn in ‘n kastrol. Voeg die hoender, knoffel, sout en peper by, bedek dit en laat dit prut vir 20 minute oor matige hitte. Haal die hoender uit en behou die aftreksel. Verwyder die vel en bene en breek die vleis in klein stukkies. Plaas die vleis in n mengbak, voeg die ham, uie, sampioene en pietersielie by en meng deeglik.

Sous

Smelt die botter in n kastrol en roer die koekmeelblom by. Voeg die hoenderaftreksel geleidelik by terwyl dit aanhoudend geroer word. Giet die aangesuurde room en die melk by en roer dit tot glad. Voeg die hoendervleismengsel by die sous en meng dit. Skep dit in n oondbak en bedek dit met die uitgerolde deeg. Verf die deeg met die geklitste eier. Bak die pastei 20 minute lank in ‘n voorverhitte oond teen 200 grade en bedien dit met geelrys.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!