Blinkbek Goue Hoenderdye

2017-12-01
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Hierdie hoenderdye word eers lekker bros gebraai en dan met die lekker taai sous bygedam om dit nóg lekkerder te maak

1.5 kg hoenderdye
sout en peper na smaak
4 el botter
2 el kookolie
1 el mielieblom
125 ml sojasous
8 el bruinsuiker
4 el heuning
2 el appelkooskonfyt
4 knoffeltoontjies, gekneus en fyn opgekap
1 el vars gerasperde gemmer
1 el suurlemoensap
1 kop kookwater

Voorverhit jou oond tot 180 C

Meng mielieblom met en 1/4 koppie koue water tot gladde pasta en hou eenkant
In ‘n klein kastrol oor medium hitte, kombineer sojasous, bruinsuiker, knoffel, gemmer, heuning, suurlemoensap en appelkooskonfyt met 1 kop kookwater
Bring tot kookpunt, roer aanhoudend tot bruinsuiker opgelos is
Voeg dan die mielieblom mengsel by
Prut vir 2 min, verwyder van plaat en laat afkoel
.
Geur hoenderdye met sout en peper aan alle kante
Smelt botter en kookolie saam in ‘n groot pan oor medium hoë hitte
Braai hoenderdye albei kante tot goudbruin, sowat 5 min per kant; dreineer oortollige vet
Plaas hoenderdye in die oondaste bak
Borsel die helfte van die afgekoelde sous eweredig oor die hoender.
Plaas die bak in die oond en bak dit vir 30 min
.
Bedruip die oorblywende sous oor die hoender en bak nog 20 min of tot die hoender goudbruin is. Bedien warm
**Wees versigtig vir aanbrand, die baie suiker in die sous kan dit aanbrand en dan bitter laat smaak

Gemiddelde Gradeering

(4.7 / 5)

4.7 5 6
Gradeer hierdie resep

6 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Kerriemayo – Hoenderborsies

  • Peri Peri Hoenderlewertjies in die Potjie

  • Klewerige Prego Hoender

  • Prego Hoender Kebabs

  • Hoender Herderspastei

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!

error: Content is protected !!