Hoender “Strip-Sub”
2019-05-18- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.5 / 5)
16 People rated this recipe
Related Recipes:
Min moeite maar met baie geur, vinger aflek lekker lekkerte Almal gaan die een geniet
Jy het nodig
1 groot vars Franse-broodrol
2 groot uie, geskil, ringe gesny en gebraai tot bruin en geurig
350g hoenderborsies, ontvel en ontbeen, repies opgesny
1 groot groen soetrissie – opgekap in repies
1 tl gekneusde knoffel
3 el botter
1 el olyfolie
1 pakkie KNORR Sparerib marinade, aangemaak met 200 ml koue water
1 kop gerasperde cheddar kaar
1 kop gerasperde mozzarella kaas
gemengde gedroogde kruie na smaak
sout en peper na smaak
Voorverhit oond na 180 C
Verhit botter en olie en braai vinnnig die knoffel tot ligbruin
Voeg hoender repies by en roerbraai tot geurig (voeg nog botter by indien nodig)
Voeg groen soetrissie by en roerbraai vir paar minute saam
Geur met sout en peper na smaak
Voeg marinade by, bring tot kookpunt, roerbraai tot vloeistof verdamp en stroperig raak
Verwyder van hitte en hou eenkant
Deel die broodrol op in stukke na wense, sny die broodrol se bo kant oop maar nie regdeur nie. en plaas in oondpan
Skep gebraaide uie onder in die “Sub”
Top op met gebraaide hoender repies
Sprinkel genoeg cheddar oor alles, gevolg met mozzarella kaas
Geur met gedroogde kruie na smaak
Bak in voorverhitte oond tot kaas godbruin is
Sit dadelik voor