Loader

Volstruisbobotie

2010-05-18
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Gestopte Gemsbokfilet

  • Springboksosaties

  • Vlakvarkbredie

  • Springbokboud in die oond

  • Toeka se Wildswors

 

250 ml melk
1 dik sny witbrood
1 kg gemaalde volstruisvleis
10 ml olyfolie
5 ml botter
1 gekapte ui
5 ml knoffel, gekneus
1 kookappel, gerasper
5 ml borrie
15 ml matige kerriepoeier
50 ml droë wit wyn
30 ml fyn appelkooskonfyt
125 ml bruin sultanas of pitlose rosyne
80 ml gepelde amandels, gehalveer
10 ml sout
3 ml swartpeper
3 ml gemaalde koljander
1 ml gemaalde naeltjies
2 ml gedroogde tiemie
10 ml balsamiese asyn
2 lourierblare

Stel oond op 180 °C.
Giet helfte van die melk oor die witbrood en week 10 minute. Krummel die brood en voeg by die vleis. Hou eenkant.
Verhit die olie en botter in ‘n pot en braai die ui, knoffel, appel, borrie en kerrie vir 5 minute daarin.
Haal van hitte en voeg res van die bestanddele, behalwe die eiers, res van die melk en lourierblare by. Werk goed deur met ‘n langtandvurk.
Plaas in gesmeerde oondbak en bak vir 25 minute.
Klits intussen die eiers en res van die melk saam.
Haal vleis uit oond en giet eiermengsel stadig bo-oor.
Druk twee lourierblare in vleis en bak ‘n verdere 30 minute.

Dien op met gestoofde vrugte en geelrys

Recipe Type: Tags: , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!