Loader

Gestopte Gemsbokfilet

2023-10-24
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Springboksosaties

  • Vlakvarkbredie

  • Springbokboud in die oond

  • Toeka se Wildswors

  • Spitbraai – voorbereiding en marinades

As jy so gelukkig is om ‘n vrieskas vol wildsvleis te hê, probeer een van dié lekker resepte.

1 gemsbokfilet (ongeveer 1 kg)
1 ryp, ferm avokado
½ (50 g) brie-kaas
1 pak (250 g) repiespekvleis

Vlek die filet in sy lengte oop en vul met skyfies avokado en brie-kaas. Vou toe. Lê die spekvleisrepies op ‘n werkoppervlak en laat lê die filet bo-op. Draai elke repie spek om die filet en vou na binne. Bind vas met tou. Braai in ‘n pan of rooster in die oond tot die spek goudbruin en bros is. As die filet dun is, sal die vleis ook nou gaar wees. As dit egter ‘n dik filet is, sit dit vir 10 – 15 minute in die oond by 180 °C. Laat rus vir 2 – 03 minute en sny. Sit voor met ‘n brandewyn- of groenpeper-roomsous, aartappels en groente.
Genoeg vir ses mense.

Variasie: Probeer ook ‘n kombinasie van bloukaas en gesnipperde groenvyekonserf of fetakaas met pikantrissies vir dié filet se vulsel.

Wenk: As jy filet in ‘n pan gaan braai, sny die vleis voor dit gevul word in kleiner stukke sodat dit maklik in die pan sal pas.

*****JP

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!