Loader

Springbokboud in die oond

2017-11-25
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 45
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

45 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Gestopte Gemsbokfilet

  • Springboksosaties

  • Vlakvarkbredie

  • Toeka se Wildswors

  • Spitbraai – voorbereiding en marinades

As jy so gelukkig is om ‘n ou boudjie in die vrieskas te hê.. Die resep werk lekker vir enige wildsboudjie

1 springbokboud
500 ml karringmelk
10 blokkies varkspek (skaapstert of brisket vet werk ook goed)
10 heel knoffeltoontjies, afgedop
2 uie, in dik skywe gesny
250 ml Old Brown Sherry – of enige soet rooiwyn
1 tl vars gemaalde swartpeper
1 tl fyn gemmer
1 el bruinsuiker
250 ml blatjang
60 ml worcestersous
sout smaak
3 el botter
80 ml olie

Met ‘n skerp mes maak diep gaatjies in die boud en druk in elke gaatjie ’n knoffeltoontjie
Sit die boud in ’n groot GLAD plastieksak en giet die karringmelk oor. Druk soveel as moontlik lug uit die sak en seël. Sit in die yskas en laat marineer vir 2 dae. Skommel en draai sak om elke nou en dan

Voorverhit die oond tot 140C
Haal die boud uit die marinade, spoel af onder llopende koue water en druk die vleis droog
Druk nou ‘n blokkie spek in die gaatjies van die knoffeltoontjies

Gebruik ‘n oondvaste bak (met deksel, jy kan swaargewig foelie ook gebruik om bak dig toe te maak)
Rangskik uieringe onder in oondbak
Plaas die boud bo-op uie , stip met paar klontjes botter bo op
Meng Old Brown Sherry, olie, blatjang, worcestersous, gemmer, bruinsuiker, sout en peper
Giet oor die boud
Plaas deksel (of swaargewig foelie) op; en bak stadig vir 5 ure tot die vleis sag is
Verhoog die oondtemperatuur tot 180C.
Haal deksel af en bak oop tot goudbruin, bedruip tussendeur met pansouse

Laat die boud vir 10 min rus in oondbak voor jy opsny

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!