Skaapskenkel en Tamatiebredie Bonesop

2014-07-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.2 / 5)

4.2 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

2,047
Related Recipes:
  • Beesvleis met ertjie, lensie en gort sop

  • Boontjiesop van Kathu 

  • Ingelegde eiers

  • Heerlike Groenboontjie Bredie

  • Heerlike Aartappelsop

Maak 2 gunstelinge een smul pot trooskos

Bestandele
1 pakkie gespikkeide suikerbone
bietjie kookolie
2 uie, gekap
3 knoffelhuisies – gekneus
1 el asyn
2 groot tamaties, mooi rooi ryp en sag – opgekap
1 kg skaapskenkels
500 ml beesvleisaftreksel
1 blik tamatieroomsop
4 wortels, gerasper
1 groot aartappel blokke opgesny
sout en swartpeper na smaak

vir garnering
*vars styfgeklopte room
*fyngekapte pietersielie

Vroegmore gooi bone in water , week dit tot laatmiddag
Spoel bone goed af, gooi in groot kastrol , bedek met water, bring tot kookpunt, kook tot bone sag is, voeg gereeld nog kookwater by.

Sit skenkels in ‘n lekker groot kastrol, gooi net genoeg water by dit te bedek, gooi
1 el asyn by, maak toe en bring tot kookpunt, draai hitte af na medium en laat droog kook
tot vleis begin braai in pot, gooi botter en olie by, potbraai tot vleis mooi bruin is, gooi so kwart
koppie kookwater oor, pak die uie en knoffel bo op, sit deksel op en laat weer begin braai,
Verbruin tot lekker geurig
Giet so 1liter kookwater oor, stel plaat so dat die vleis stadig kook vir 3 ure, gooi nog water by as
jy moet.
Gooi by die sagte vleis ~ aartappels, wortel, tomatiesop, opgekapte tamaties , peper en sout na smaak Kook alles saam tot groente lekker sag is , laat goed prut.
.
.
Wanneer boontjies saggekook is , druk fyn met “masher” tot dik pasta
Skep jou pot vleismengsel by, en bring alles tot kookpunt
Gooi nog water by om dikte van jou sop te bepaal
Laat sop goed deur kook oor baie lae hitte tot dik en gelange smaak
Moenie haastig wees nie, laat hulle met mekaar gesels, roer so nou en dan
Skep in sopbakkies, sit skeut room op en sprinkel pietersielie oor
Sit voor met lekker vars broodjies of vetkoek

Recipe Type: Tags: , , , ,

Comment (1)

  1. posted by Barbie on May 22, 2016

    Goeie more. Baie dankie vir die heelike resep. Net die regte ding vir die koue. Lekker day.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!