Koue Komkommer Sop
2007-01-26- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.3 / 5)
7 People rated this recipe
2,662Related Recipes:
Benodighede:
4 Groot Komkommers
2 Eetl Margarien
2 Eetl Meel
1/4 Koppie Pietersielie Fyn Gekerf
1/4 Koppie Seldery blare Fyn Gekerf
1 Pakkie Uie sop
2 Koppies Water
2 Koppies Ligte room
Metode:
Skil komkommers, sny dit in die lengte en verwyder die sade, Kerf die komkommer fyn tot jy min of meer 3 1/2 koppies het.
Smelt nou die botter in ‘n groot Pot roer meel in en kook vir 3 min terwyl jy bly roer
Voeg nou die Komkommer, seldery en pietersielie en verlaag die Temperatuur. kook tot die komkommers sag is, min of meer 8 min.
Meng Die water en Uie sop in ‘n aparte Bak, voeg dit by die komkommers. Verhit tot dit kook en laat dit prut vir 15 min.
Laat die sop staan by kamer temperatuur.
Blits dit in ‘n verwerker in klein hoeveelhede tot die sop romerig is. Voeg dan die Room by, skink in ‘n groot bak en sit dit in die Yskas tot dit koud is.
Die sop moet koud bedien word en is perfek vir die somer maande