Rissie en Ui sous
2011-06-16- Course: Preserveer
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
1 People rated this recipe
Related Recipes:
Bestanddele :
1 groot ui fyn gekerf
180gr vars rissies rooi en groen gemeng (sade verwyder en fyn gekerf)
1 teelepels growwe sout
1 teelepel paprika
1/4 teelepel cayenne
1/2 teelepel droe knoffel vlokkies
1/2 teelepel koljander sade fyn gedruk
1/2 koppie wit druiwe asyn
Metode:
Sit al die bestandele behalwe asyn in ‘n medium grote pot. Bedek net net met kook water. Kook op lae hitte tot goed sag. Voeg halwe koppie wit druiwe asyn by en kook nog 5 minute. Gooi dadelik in ‘n bottel draai toe en sit bottel onderstebo tot koud. Bere in yskas tot benodig, die sous sal ‘n paar maande hou. Geniet dit! (Resep maak ‘n klein mayonnaise bottel vol, onthou om bottel goed skoon te maak voor die sous gemaak word)
,