Potbraai met Heuning Wortels en Knoffel Kapokaartappels

2016-07-07
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.2 / 5)

4.2 5 9
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

9 People rated this recipe

2,333
Related Recipes:
  • Alna se Bobotie met ‘n degie

  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Suurlemoen en Heuning Karamel Patats

Kook met nostalgie

1 kg beeskook dikrib (short rib)
2 groot uie, opgekap
5 knoffeltoontjies, gekneus
4 el botter
1/2 tl droe tiemie
1/2 tl geroosterde koljander, fyngemaal
mespunt fyn naeltjies
swartpeper na smaak
sout na smaak
1 el bruinasyn
3 tl bisto poeier aangemaak met bietjie koue water
500ml kookwater

Sit jou vleis in ‘n medium kastrol, gooi genoeg koue water oor om vleis mooi te bedek
Voeg eetlepel asyn by en bring tot kookpunt, kook stadig tot al die water verdamp het en vleis begin potbraai,
braai dan albei kante lekker bruin

Plaas uie en knoffel bo op , 2 el botter, sprinkel met tiemie, koljander en fyn naeltjies, gooi 500ml kookwater bo oor ,
plaas deksel op en laat weer afkook tot begin potbraai, voeg botter by en braai alles lekker stadig oor lae hitte
tot goudbruin en geurig.

Heuning wortels

6 groot geelwortels – gekerf en in happiegrootte opgekap
6 el bruinsuiker
3 el heuning
2 el botter

Spoel gekapte wortels af en sit in kastrol, gooi 2 koppies kookwater oor en kook vir 10 minute
Dreineer water en voeg botter. heuning en bruinsuiker by, roer kort kort en bring tot kookpunt
Kook stadig vir nog 10 minute tot dit ’n karamelsous vorm, pasop stroop nie aanbrand nie

.

Knoffel Kapokaartappels

5 groot aartappels
4 knoffeltoontjies gekneus en fyn opgekap
1 ui baie fyn opgekap
4 el botter
100 ml melk
varsgemaalde swartpeper
sout
In n kastrol verhit 2 el botter, voeg uie en knoffel by en braai tot deurskynend
Voeg nog ‘n eetlepel botter by en braai baie stadig vir 5 min
Voeg aartappels by en bedek met kookwater, kook tot aartappels sag is
Druk aartappels fyn met drukker
Voeg nog 1 el botter en warm melk by
Geur met sout en peper na smaak en bring tot kookpunt

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!