Loader

Niertjiepastei

2023-11-18
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

  • Bobotie

10 skaapniertjies
400g beesvleis sonder bene
sout en peper na smaak
50ml meelblom
25ml botter
medium ui in skywe gesny
500g gevriesde blaardeeg
500ml kookwater
50ml asyn
lourierblare
4 naeltjies
100ml suurroom

Verwyder vliesies om en buisies uit die niertjies en
sny in stukkies.
Sny die beesvleis in blokkies. Geur die niertjies en beesvleis met sout en peper, strooi met meelblom om elke stukkie te bedek. Verhit die botter in `n kastrol
en braai die niertjies en vleis effens bruin. Voeg die
ui by en braai nog 5min lank. Voeg die water, asyn, lourierblaar en naeltjies by. Kook 1 ½ uur lank oor stadige hitte. Voeg die suurroom by sodra die vleis saggekook is. Skep die vleis in `n pasteiskottel met
`n pasteitregter in die middel. Plaas nou die uitgerolde blaardeeg bo-oor en druk die rand vas om dit in posisie te hou. Moenie die deeg rek nie. Verf met verdunde melk en eiergeel. Sny spleetjies hier en daar sodat
die stoom kan ontsnap. Bak 10 min lank in `n warm oond 230°C. Verminder die hitte tot 200°C en bak nog 20-25 min lank.

*****JP

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!