Mielietert
2016-04-17- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.2 / 5)
30 People rated this recipe
Related Recipes:
bestanddele
5 groot eiers
1 kop bruismeel
3 el gesmelte botter
1 x 410 g blikkies Cream Style Suikermielies
1 k gerasperde cheddarkaas
1 tl sout
mespunt rooipeper
gekapte pietersielie na smaak
gemaalde swartpeper na smaak
voorverhit oond 180 ° C
Klits die eiers met die gesmelte botter
Sif die bruismeel, sout en droee speserye saam, voeg by geklitse eiermengsel, meng deur
Roer die Cream Style Suikermielies by, maak seker dis mooi gemeng
Gooi dit in ‘n gesmeerde oondbak.
Sprinkel gerasperde kaas bo-op en bak in ‘n voorverhitte oond vir ‘n uur tot goudbruin