Loader

Aarbei-Yskastert

2023-08-21
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

1 pakkie Tennis Beskuitjies (fyngerol en met 100g margarien of botter gemeng).
Druk vas in tertbak en mikrogolf vir 1 minuut en 30 sekondes op hoog. Laat afkoel. (as jy nie mikrogolf oond het nie 110 C voorverhitte oond vir 15 min)

1 blikkie kondensmelk
60 ml suurlemoensap
250 ml vars room
1 bakkie gladde  maaskaas (NIE die korrelrige nie)
1 bakkie aarbeie (VARS) ( dis die klein houertjies)
25 ml gelatien opgelos in 1 koppie water, sodra dit helder word mikrogolf op hoog vir 30 sekondes. Koel af.
1 pakkie aarbei- OF rooi jellie aangemaak met 200ml kookwater en dan nog 200 ml koue water bygevoeg. Laat afkoel.
(NB. Maak die jellie eerste aan sodat dit kan afkoel. Die gelatien moet ook afkoel.)
Sny sowat driekwart van die aarbeie in stukkies. Ek sny dit gewoonlik in so agt tot tien stukkies per aarbei. Die res sny ek in WAAIERTJIES vir versiering.

1. Meng die maaskaas, kondensmelk, room, afgekoelde gelatien-vloeistof. Voeg die suurlemoensap laaste by. Roer die stukkies aarbei liggies in.
2. Gooi die kaasmengsel nou oor die afgekoelde kors.
3. Versier bo-op met die res van die aarbeie.
4. Gooi nou liggies die rooi jellie bo-oor. Laat set in die yskas.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!