Melkkos Lekkerte
2011-07-12- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.1 / 5)
57 People rated this recipe
32,541Related Recipes:
Bestanddele:
blik kondens melk
2 koppies water
1 liter melk
1 koppie meel
125 ml botter
bietjie sout
So gemaak:
Meng die kondensmelk, water en melk saam in ‘n kastrol.
Jy kan suiker byvoeg as dit nie soet genoeg is nie.
Vryf die botter in die meel in, sodat dit soos krummels lyk.
Voeg die sout by.
Wanneer die melk mengsel warm is, word die meelmengsel bygevoeg, en geroer totdat alles saam kook, en dik geword het.
Bedien warm met kaneelsuiker.
..
Comments (2)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Naas on August 30, 2015
Lyk lekker wil dit probeer
posted by chantelle on January 20, 2016
het dit al baie gemaak my man mal daaroor 🙂