Loader

Lekker Sosaties

2023-09-19
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Dis die beste sosaties wat jy ooit gaan proe, maar jy kan nie Saterdag middag 4-uur besluit om hulle teen 6-uur op die braai te hê nie. Glo my, hulle is die beplanning werd!

1.5 kg blokkies Vleis (kombinasie Vark & Bief werk lekker)

Melk-marinade

2 gekneusde Suurlemoen Blare
125ml Melk
1 huisie Knoffel, fyn gekap
1 Ui, gekap
15ml Bruin Suiker
Sout & Peper na smaak
Meng al die bestanddele en giet oor vleis. Marineer oornag. Dreineer goed voor kerrie-marinade bygevoeg word.

Kerrie-marinade

4 groot Uie, in ringe gesny
30ml Olie
750ml Asyn
45ml Suiker
15ml Kerrie Poeier
45ml Appelkooskonfyt
4 Lourierblare
7ml Sout
Knippie Peper
5ml Borrie
Soteer uie tot sag. Voeg kerrie by en kook 2 minute. Voeg res van bestanddele by en prut ‘n paar minute. Laat goed afkoel. Giet oor vleis en marineer ten minste een dag. Steek vleis op stokkies en braai tot goed gaar.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!