Kondensmelkbeskuit
2008-12-18- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
2 People rated this recipe
Related Recipes:
1 kg bruismeel
125 ml suiker
500 ml semels
250 ml volkoringmeelblom
150 ml sesamsaad
150 ml sonneblomsaad
15 ml bakpoeier
5 ml sout
2 eiers, geklits
500 ml karringmelk
blikkie kondensmelk
450 ml botter gesmelt
Voorverhit oond tot 180 grade celcius.
Plaas droe bestanddele in n mengbak en meng goed.
Maak n holte in die middel en voeg die eiers, karringmelk, kondensmelk en botter by en meng goed.
Smeer 3 middelslag broodpanne met botter.
Verdeel die mengsel tussen die panne en maak gelyk bo-op.
Bak sowat 45 minute lank by 180 grade celcius of tot goudbruin en deurgaar.
Laat vir 5 minute in panne afkoel, keer versigtig uit en laat heeltemal afkoel.
Sny die beskuit in vingers en pak effens uitmekaar op bakplate.
Laat oornag in n koel oond +-70 grade celcius, uitdroog. Laat die oonddeur effens oopstaan.
.