Loader

Gesondheidsbeskuit

2024-01-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Karringmelk Beskuit

  • Lekker Maklike Ontbyt Beskuit

  • Lennon’s Hoesstroop

  • Oudtydse Boerbeskuit

  • Die lekkerste karringmelkbeskuit

5 x 250ml ongesifte koekmeel
3 x 250ml volkoringmeel
50ml bakpoeier
10ml koeksoda
10ml sout
500ml verkrummelde weetbix beskuitjies (in die VSA kry jy nie weet bix nie toe gebruik ek all raisin bran)
500gr margarine of botter
500 ml karringmelk
500ml suiker (vir diabete kan jy die suiker verminder)
10 ml bruinasyn
2 eiers

Voorverhit jou oond na 200C (400F)
en smeer rolkoek panne

Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Voeg volkoringmeel en weetbix by en meng goed.
Vryf die margarine met jou vingerpunte in totdat die mengsel soos fyn krummels lyk.
Klits die eiers, asyn en karringmelk saam en voeg by die mengsel en meng tot ‘n sagte deeg met ‘n houtlepel.
Plaas die mengsel op ‘n meelbestrooide rolplank en rol tot so 2.5 cm dik. Sny nou in 2 x 7 cm vingers en bak vir 30 minute op middelste rak in oond.
droog vingers dadelik vir so 6 ure.

My resepte is net riglyne en nie akkuraat nie, maar hulle werk vir my en is heerlik, Die beskuit doop heerlik in koffie en die rosyne maak hom lekker soet, maar jy kan enige growwe produk insit en selfs jou volkoringmeel meer maak en in die regte verhouding die koekmeel minder maak. Ek het die resep aangepas vir die VSA toestande

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!