Loader

Lekker Maklike Ontbyt Beskuit

2022-01-04
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 9
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

9 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Gesondheidsbeskuit

  • Karringmelk Beskuit

  • Lennon’s Hoesstroop

  • Oudtydse Boerbeskuit

  • Die lekkerste karringmelkbeskuit

JY BENODIG

2 koppies All-Bran Flakes, fyner gedruk (maar nie verkrummel nie!)
6 ½ koppies (1 kg) bruismeel
3 teelepels bakpoeier
1 – 2 teelepels sout
2 koppies bruinsuiker
2 koppies sonneblomsaad
½ koppie fyn klapper
1 koppie dadels, fyngekap (of rosyne)
2 koppies (500 g) botter, gesmelt
2 koppies (500 ml) karringmelk
2 eiers ½ teelepel vanieljegeursel

SĂ“ MAAK JY
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak van ongeveer 26 x 42 cm met botter.
2. Meng al die droë bestanddele goed in ’n groot bak en klits al die klam bestanddele in ’n aparte bak goed saam. Meng nou die klam en droë bestanddele deeglik saam, maar moet dit nie te veel meng nie. Skraap dit uit in die voorbereide oondbak, maak die bokant gelyk, en bak dit vir ongeveer 40 minute. (’n Toetspen behoort ná 35 minute al skoon uit te kom.) Haal die beskuit en draai die oond se temperatuur na 70 °C.


3. Laat die beskuit vir 10 minute in die pan afkoel en keer dit dan uit. Sny die beskuit versigtig in lang stroke van sowat 2 vingers breed en dan in kleiner stukke.Pak die stukke op ’n draadrakkie en plaas dit terug in die oond.


Ná ongeveer 3 uur kan jy die oond afskakel, maar los die oonddeur toe en laat die beskuit oornag klaar uitdroog. Die volgende oggend kan jy dit in lugdigte houers of sakkies verpak.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!