Koejawel~yskastert
2014-04-27- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Nagereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.9 / 5)
20 People rated this recipe
Related Recipes:
Kits maar lekker koejawel~yskastert
1 x 800g blik koejawelhelftes
2 x 410g blikke ingedampte melk
2 x 80g kersie of perskejellie
2 x 200g pakke Tennisbeskuitjies
Dreineer Koejawelhelftes en hou sap eenkant.
Druk Koejawels met ‘n vurk fyn.
Meng jelliepoeier en sap wat eenkant gehou is en verhit in pan tot jelliepoeier gesmelt is.
Verwyder van hitte.
Voeg fyn gedrukte Koejawels en ingedampte melk by en roer goed. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n 3 liter tertbord en skep die helfte van die Koejawel mengsel in.
Rangskik nog ‘n laag beskuitjies bo-oor en skep oorblywende Koejawelmengsel in.
Maak orige beskuitjies fyn en strooi krummels bo-op tert. Bedek met kleefplastiek en verkoel tot gestol.
*Bonnie Du Toit via Facebook Boerekos Kookengeniet*