Loader

Knars Choc-Kits Koekies

2016-12-12
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.7 / 5)

3.7 5 38
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

38 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Spesery Sjokoladekoekies

  • Wortelmuffins met roomkaasversiersel

  • Piesang en Amarula Kolwyntjies

  • Milo-koekies

  • Biltong en Kaas Rots Beskuitjies

 

Die lekkerste koekblik bederfies, tuisgebak, die beste !

Jy benodig
.
2 ¾  kop koekmeel
125 ml strooisuiker
250 ml muscovado suiker of bruinsuiker
250 ml fyn klapper
1 tl bakpoeier
1 tl koeksoda
1 el fyn gemmer
‘n Knippie sout
150 g botter
1 x-tra groot eier
1 el vanieljegeursel
3 el goue stroop
75 ml kookolie
*2 x 80g Cadbury’s blok melksjokolade gesmelt om te vul tussen die koekies

So gemaak:

Room die botter en suiker goed saam, voeg eier by, meng tot lig en romerig
Voeg nou vanielje, gemmer, sout, olie en gouestroop by en meng goed deurkombineer
Voeg die koekmeel en kapper by en meng tot ‘n sagte deeg vorm
Plaas in kleefplastiek en verkoel vir 1 uur
.
Voorverhit oond na 180 C
Op ‘n meelbestrooide oppervlak, rol die deeg uit.
Skraap die oppervlak met ‘n vurk liggies op en af ​​om growwe voorkoms te gee
Gebruik ‘n ovaal koekiedrukker om vorms te druk
Neem ‘n bottermes en maak sny ‘n dun langwerpige repie/gat uit in die middel van koekie
Voer bakplaat uit met waspapier, plaas koekies 5cm uitmekaar en bak in voorverhitte oond
10 min tot goudbruin.
Laat goed afkoel op draadrak
Smeer onderkant kan koekies met smelt sjokolade, plak aan mekaar vas
Stoor in ‘n lugdigte houer

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!