Kaaslose kaaskoek (Mikrogolf)
2008-04-11- Course: Nagereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
1 People rated this recipe
Related Recipes:
Kors:
½ pak tennisbeskuitjies
60 g botter of margarien
Breek die beskuitjies en smelt die botter vir 1 minuut in die mikrogolf en meng met beskuitjies om kors te vorm. Sit in die gesmeerde tertbord en plaas in yskas sodat dit kan koel raak.
Vulsel:
3 eiers
1 blik kondensmelk
75ml suurlemoensap
50 ml mielieblom
knypie sout
Skei eiers en klits eiergele, kondensmelk, suurlemoensap en mielieblom. Klits eierwitte tot styf en vou dit in die mengsel in. Giet die vulsel in die kors en mikrogolf 8 – 10 minute @ 50% krag.
Laat afkoel en bedien.