Kaas en Uie Broodjie
2014-05-28- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.3 / 5)
9 People rated this recipe
Related Recipes:
Het sommer die broodjie vir middagete aanmekaar geslaan… heerlik.. heerlik… so spyt ek het nie sommer 2 gebak nie
3 koppies bruismeel
pakkie wit uie soppoeier
500ml Karringmelk
1 kop gerasperde cheddar kaas
125ml volroom melk
2 eiers – liggies geklits
knypie rooipeper
maak jou oond lekker warm – 180°C
Meng bruismeel, soppoeier,rooipeper saam. Meng geklitse eiers met melk, gooi by meelmengsel, gooi nou karringmelk en helfte van die gerasperde kaas by en meng mooi deur. Skep mengsel in gesmeerde broodpan van 23cm, strooi nou met res van die kaas en sprinkel met rooipeper. Bak nou vir 1 uur in voorverhitte oond , toets met pen in die middel…
…. smeer met lekker dik botter
*Andrea Earl via Facebook Boerekos Kookengeniet *