Loader

Fluweel Koekies

2019-05-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 14
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

14 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Spesery Sjokoladekoekies

  • Wortelmuffins met roomkaasversiersel

  • Piesang en Amarula Kolwyntjies

  • Milo-koekies

  • Biltong en Kaas Rots Beskuitjies

Smelt in die mond koffietyd bederfie, hou die koekblk vol met die wenner

Jy het nodig
2.4 kg Koekmeel
1kg Botter / Margariene – kamertemperatuur
1.5 kg witsuiker
8 groot eiers – geklits
40 ml koeksoda
1 tl sout
20 ml bakpoeier

Voorverhit oond na 180 C

In ‘n lekker groot mengbak, room botter en suiker saam tot lig
Voeg geklitste eier by en meng goed

Eenkant in ander mengbak sif saam : Koekmeel, koeksoda, bakpoeier en sout

Voeg nou koekmeel om die beurt by die eiermengsel in tot ‘n sagte deeg vorm
Maak toe met kleefplastiek, plaas in yskas vir minstens 8 ure

Smeer ‘n bakplaat liggies met botter
Skep teelepel vol deeg in palm van jou hand, rol in balletjie, plaas op bakplaat en druk effe plat met ‘n vurk
Herhaal die proses tot jou bakplaat vol is

Bak in vooorverhitte oond vir 15 min tot goudbruin van kleur

Bêre in lugdigte houers

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!