Beste Melktert Ooit

2014-05-14
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 138
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

138 People rated this recipe

97,878
Related Recipes:
  • Bobaas Melktert met Smeerkors

  • Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

  • Muesli Crunchies

  • Permantige Sjokoladekoek

  • Granadilla Pynappel Yskastert

Ouma se Melktert ~ die bly ‘n staatmaker ~ keer op keer

Soet broskors:
125g botter
125ml suiker
1 eier, liggiesgeklits
500ml meel, gesif
5ml bakpoeier
1ml sout

Verroom botter en suiker totdat mengsel lig en romerig is. Klop eier in, en roer dan droë bestandele by. Knie liggies. Plaas in Tupperware houer en seël. Verkoel vir ongeveer 20 minute. Rol uit en gebruik om 2 tertborde of 36 kolwyntjiepanne uit te voer. Verkoel om krimping te voorkom.
Prik bodem met ‘n vurk en bak blind by 200ºC vir 10-20 minute.

Wenk: Om blind te bak: voer die deegdoppe met verfrommelde waspapier uit en vul met droë bone. Bak vir 10 minute, lig papier uit, en bak vir verdere 5-10 minute totdat bodem van die dop mooi bruin is. Dit verseker dat die deeg nie onegalig uitpof nie en dat dit sy vorm behou.

Melktertvulsel:
1liter melk
45ml botter / margarine
3 eiers 100ml suiker
25 ml mielieblom
45ml vlapoeier
45ml meel
5ml vanielje
kaneel om te besprinkel

Plaas die melk en botter in ‘n kastrol. Bring tot by kookpunt en verwyder van hitte. Klits eiers, suiker, mielieblom, vlapoeier, meel en vanielje en meng goed.
Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die mengsel en skud goed. Voeg mengsel by die warm melk en klits goed.
Plaas oor matige hitte en laat stadig kook totdat mengsel verdik. Roer aanhoudend.

Giet in gebakte tertdoppe.
Strooi kaneel oor.

Comment (1)

  1. posted by Frank on July 13, 2016

    Fijn ga ik proberen, heb nog maar één keer boerkos kunnen eten maar daarna twee uur onder een boom gezeten is was zoooooooooo vol

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!