Loader

Suurlemoenmeringue-Pankoek

2014-01-09
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

Hier is n koek uit die boonste rakke. Vinnig om te maak, het hom by n vriendin gekry.

Die koek het n koeklagie met n suurlemoentert-bolagie. Die resep kom oorspronklik van Joye Cilliers van Hermanus.

Koek
500 ml koekmeel
250 ml suiker
knippie sout
10 ml bakpoeier
125 g margarine (sagtes)
250 ml melk
gerasperde skil van suurlemoen
2 ekstra groot eiers, geklits

BOLAAG

1 blik kondensmelk
2 ekstra groot eiers geskei
125 ml suurlemoensap
knippie kremetart
80 ml witsuiker
100 ml gevlokte amandels

METODE

Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer ñ 20×30 cm oondbak deeglik met margarine of spuit met kossproei.

Koek
Sif die meel, suiker, sout en bakpoeier saam.
Voeg die res van die koekbestanddele by en klits met n elektriese klitser tot ñ gladde beslag.
Giet in die voorbereide oondbak en bak vir 30-35 min of tot n toetspen skoon uit die middle van die koek kom.
BOLAAg
klits die kondensmelk, 2 eiergele en suurlemoensap goed saam en smeer dit oor die warm koek. Bak vir nog 10-15 min tot stewig.
Klits die eierwitte en die kremetart saam tot dit sagte punte vorm. Voeg die suiker geleidelik by terwyl gedurig geklits word.
skep di merinque op die koek, sprinkle die amandels oor en bak tot die berinque effens goudbruin is. Laat afkoel en sny in vierkante.

*Andolyne Annelie Masser Bothma via Facebook Boerekos Kookengeniet? *

Recipe Type: Tags: , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!