Sampioen en Spek Happie

2014-11-02
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Hier is nog ‘n wenner vir peuselhappie om die braai…

Ek vat sommer ‘n plastiek bakkie en gooi ‘n klomp sout en water daarin, dit moet ‘n lekker sterk sout water oplossing wees. Gooi nou jou pakkie Sampioene daarin en los dit so paar minute sodat dit die sout water optrek. Was dan die mushrooms mooi skoon in die selfde sout water. Gooi die water nou weg, moet dit nie drink nie!

Rol ‘n spek strokie om die sampioen en steek ‘n tandestokkie deur of ryg ‘n paar deur ‘n sosatie stokkie. Braai dit op jou vuur totdat die spek so effe krakerig raak. Bedruip met sweet chillie sous tussendeur Onthou net om kort-kort om te draai!

Gemiddelde Gradeering

(4.2 / 5)

4.2 5 5
Gradeer hierdie resep

5 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Biltong en Kaas Paptert

  • Planne met Braaibroodjies

  • Mayonnaise en  Kaas Broodjie

  • Heel Sout Skaapribbetjie oor die Kole

  • “Flamed grill” Heel Biefstuk oor die kole

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!