Loader

“Flamed Grill” T-Bone

2018-04-09
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 22
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

22 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Lewer op n stokkie

  • Snoek Koningskos oor die kole

  • Rump Steak Kerrie Sosaties

  • Regop Hoender “flattie” oor die kole

  • Staan Ribbetjie

Die lekkerste manier van Steak Braai. Sodra die hout vuur goed aan die gang is, en kole het maar genoeg vlam ook, sal die braai proses vinnig verby wees, met die vleis in die toeknyprooster is dit gemaklik om te beheer oor die vlamme, tot perfeksie., sommer so terwyl jy om die vuur staan ​.
.
Die grootste T-Bone Steak vir elkeen (matured)
Suurlemoensap
Sout en Peper na smaak
*Toeknyprooster

Smeer die vleis met suurlemoensap , en laat so half uur lê
As jou vuurtjie reg is, plaas nou die T-Bone regop, beenkant na onder op die braairooster, braai vir 2 minute op daai beenkant oor lae vlamme, draai om en seel / braai nou die vetrandjie , gebruik lekker lang braaitang om hulle regop te hou, en nou eers plaas ek hom plat in die toeknyprooster.
Maak seker jy het nou genoeg vlam, maar nie te erg, jy wil nie die vleis verbrand nie, die vlammetjies moet hom so kielie
Braai en speel met die vlamme ,
Draai gereeld om en braai tot na jou smaak en geurig , geur met sout en peper,
Gee die vleis so laaste ommeswaai, bedien dadelik

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!