Milo Roomys ~ Tuisgemaak

2016-02-17
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Net 4 bestanddele

Ryk en romerig ~  tuisgemaak, die beste !!  sonder roomys masjien.

1 lt vars room (yskoud verkieslik oornag in yskas)
1 blik volroom kondensmelk
1 el vanilla essence
1½ kop milo poeier

In lekker groot mengbak giet jou room in en voeg vanilla by

Op jou elektriese klitser se hoogste spoed; klop tot styf en dubbel die volume, moet lekker fluffy wees

Vou die kondensmelk en milo in, meng mooi deur, maar nie te veel karring nie

Skep in 2 lt houer, seel goed.

Vries 6 – 8 ure, laat staan buite vrieskas vir 10 minute voor opdien

opsioneel:
vou in saam kondensmelk: opgekapte rolo’s, stukkies bar one, gerasperde peppermint crisp, opgebreekte oreo koekies, self romany creams koekies …. eindloos lekker !!

Gemiddelde Gradeering

(3.5 / 5)

3.5 5 15
Gradeer hierdie resep

15 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • “Jam Donuts” – Oliebolle

  • Dubbel Sjokolade Potjie Poeding

  • Suurlemoenmelktert

  • Koekie Monster Roomys

  • Suurlemoen Kaaskoek in ‘n glas

Recipe Comments

Kommentaar (1)

  1. geskryf deur Judie on April 4, 2016

    Good

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!