Loader

Karibiese chilli sous

2008-11-21
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Tamatie en Uie Sous vir Pap en Wors

  • Oorskiet rooi en wit wyn

  • Oupa Andre se sterk mosterd

  • Salmmousse

  • Sjokolade-koffiesous

 

15 Tabasco chilli?s, of so 8 Habanero?s (verkieslik vars uit die tuin)
1 wortel
3 teelepels knoffel
1/2 koppie asyn
1/4 koppie lemmetjiesap
1/2 – 1 mango, opgesny in blokkies
3/4 koppie water
olyfolie

Maal die chillies (gebruik soveel van jou gunsteling soort as wat jy wil, afhangende van hoe warm jy dit wil he), knoffel en wortel fyn in ?n voedselverwerker en braai so 3 minute in die olyfolie.

Net n waarskuwing as jy met chillies werk: Moenie jou oe of ander sensitiewe vryf terwyl of na jy die chillies hanteer het nie. As jy met Habaneros werk, oorweeg dit om handskoene te dra. Wees ook versigtig vir die chilli-dampe, veral as jy die voedselverwerker oopmaak.

Gooi die gebraaide bestandele saam met die res in ?n versapper en versap tot n sous. Dan alles weer terug in die pan, en prut vir so 5-10 minute. Indien die sous te dik is, verdun met meer water terwyl dit prut. Laat koel effens af en gooi dan oor in skoon glas bottels (dit sal nog dikker word soos dit afkoel). Bere in die yskas, dit behoort maande te hou (geen kiem sal die moed h? om dit aan te val nie).

Lewer so 500 ml sous wat so 8 uit 10 kry vir warm as jy Tabasco chillies gebruik (habaneros sal dit nader aan 10 maak). Gebruik op pizzas, Meksikaanse kos, kerries, seekos, Cajun crawfish en selfs in jou bier (as jy so voel).
.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!