Loader

Heuning en Amandel Melktert

2017-05-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.7 / 5)

3.7 5 9
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

9 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

 

Kors:
1 pakkie tennisbeskuitjies fyn gedruk
½ kop botter
½ tl fyn gemmer

.
Vir die vulsel:
3 kop volroom melk
80 ml heuning
4 groot eiers
¼ kop suiker
3 el koekmeel
3 el meelblom (maziena)
mespunt neutmeskaat (nutmeg)
2 el botter
½ tl amandel geursel (essence)
½ tl vanielje geursel (essence)
*Kaneel – om te sprinkel
.
Kors:
Meng fyngedrukte koekies met gemmer en gooi gesmelte botter oor, meng goed
Druk die krummels op die bodem van ‘n tertbak vas en sit in yskas
.
Vulsel:
In ‘n medium kastrol bring melk tot amper kookpunt
In groot mengbak; Klits die eiers, heuning en suiker saam voeg nou neutmeskaat, koekmeel en meelblom by en meng saam tot mooi gladde deeg
Giet nou die warm melk stadig oor die heuningmengsel, terwyl jy vinnig en aanhoudend klits, verkieslik met ‘n draad klitser
Skep terug in die kastrol en  terug op stoof ,  medium hitte,
Kook vir paar minute; hou aan klits voortdurend tot verdik en gaar
Haal Kastrol van die plaat  af en klits vinnig in die botter en amandel / vanielje geursel goed by
Giet die warm vla in die voorbereide tertkors
Sprinkel die tert met die kaneel

.
Laat dit heeltemal afkoel voordat dit bedien word

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!