Loader

Geurige Rasta Rys

2016-09-24
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 9
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

9 People rated this recipe

Related Recipes:
  • PAMPOENPOFFERTJIES IN STROOP

  • My “Spur style” Uieringe

  • Patatwiele

  • Stampmielies en Bone met Spek

  • Braaivleis aptyt opwekkers

Dié naam is afgelei van die rooi, geel en groen kleur van die soetrissies in die gereg

1 ui, in skywe gesny
2 knoffeltoontjies ; gekneus en opgekap
3 soetrissies ; 1 groen, 1 rooi en 1 geel ontpit en in dun skywe gesny
1 geelwortel, gekerf en dun repies gesny
1 kop vol gevriesde ertjies, vinnig gekook met bietjie botter by, dreineer
bietjie olie
2 kop rys
1 tl borrie
1 el botter
1 el aromat
peper na smaak

Dan maak jy só:
Kook rys soos normaalweg, wanneer amper droog gekook voeg botter, aromat en borrie by en roer mooi deur
Verhit bietjie olie in ’n pan en braai die knoffel en ui tot uie deurskynend is, skep uit bo op klaar gekookte rys
In dieselde pan roerbraai nou die soetrissies en wortelrepies vinnig tot geurig – as jy dit te lank braai, gaan dit verlep lyk
Voeg dit nou ook by die rys en uie, voeg ertjies by, peper na smaak en roer alles goed deur met ‘n vurk
Bedien dadelik

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!