Loader

Droëwors

2007-02-12
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.7 / 5)

3.7 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Strooperige Koeksisters

4.5 kg Bief
1 kg Skaapstert Vet (of Beesvet)
5 ml Gemaalde Naeltjies
20 g Heel Koljander
65 ml Fyn Sout
10 ml Varsgemaalde Peper
90 g Skaapderms (week in warm water indien in sout gehou)

Sit die koljander in ‘n droë braaipan en skroei oor matige hitte terwyl aanhoudend geroer word, tot ligbruin. Verwyder en stamp baie fyn.
Sny die vleis en vet in blokkies en meng deeglik met al die bestanddele. Maal die vleis met ‘n medium/growwe lem. Stop die derms, maar wees versigtig om die wors nie te styf te stop nie.
Dompel die wors vir ‘n paar sekondes in ‘n mengsel van 4.5 liter kokende water en 350ml asyn en hang op om droog te word.
Na 24 uur, druk die wors effens plat sodat enige lugblasies verwyder word (hierdie lugblasies kan muf veroorsaak). Laat die wors verder droog.
* Aangesien die vleis nie gaargemaak word nie, moenie enige vark-produkte gebruik nie.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!