Loader

Biltongpot

2008-08-11
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 35
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

35 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Beesstertpotjie

  • Lui Lekker Lamspotjie

  • Peri Peri Hoenderlewertjies in die Potjie

Met die (hopelik) oorvloed van biltong , is hierdie resep die ware Jakob. Anders moet jy maar van daardie pakkies by die supermark kry of ‘n maat afpers!

Bestanddele:
500g gesnyde biltong
500g pasta (enige vorm, maar spaghetti pas nie so lekker nie)
250g botter (of margarien as jou gewete pla)
1 gekapte ui
1 pakkie gesnyde sampioene
lekker groot lepel gekapte knoffel
2 pakkies kits witsous
handvol gekapte kruie
250ml room
250ml gerasperde kaas

Metode:
Smelt die botter, braai die uie, knoffel en sampioene tot die geur almal begin nadertrek. Gooi nou die biltong so in ‘n lekker laag oor hierdie braaisel. Maak van hier af seker dat jou hitte baie saggies is. Dis ‘n kuierpot, nie ‘n wegneemete nie! Gooi jou pasta nou oor hierdie kontrepsie. Maak die pakkies kitssous met genoeg kookwater aan om alles te bedek. Maak toe en kuier rustig. Elke keer as jy wil glas volmaak, maak jy net seker daar is nog vloeistof in die pot. Na so ‘n uur begin jou mond behoorlik water. Haal van die hitte af, gooi die room en kaas oor en meng goed deur. Selfs pasta-haters eet hul lippe af!

Recipe Type: Tags: , , , , , , Ingredients:

Comment (1)

  1. posted by Linda.Anderson on March 13, 2015

    BAIE LEKKER

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!