Loader

Biltong, Kaas en Uiesop Broodjie

2014-08-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.6 / 5)

3.6 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Karringmelk-en-kruiebrood

  • Maklike Roosterkoek

  • Piesangbrood

Broodjie vir braaivleis bykos of sommer so op sy eie… heerlik.. heerlik…

3 koppies bruismeel
pakkie wit uie soppoeier
500ml Karringmelk
1 kop baie fyn gesnipperde, biltong
1 kop gerasperde cheddar kaas
125ml volroom melk
3 eiers – liggies geklits
knypie rooipeper

maak jou oond lekker warm – 180°C

Meng bruismeel, soppoeier,rooipeper saam. Meng geklitse eiers met melk, gooi by meelmengsel, gooi nou karringmelk , biltong en helfte van die gerasperde kaas by en meng mooi deur. Skep mengsel in gesmeerde broodpan van 23cm, strooi nou met res van die kaas en sprinkel met rooipeper. Bak nou vir 1 uur in voorverhitte oond , toets met pen in die middel…

…. smeer met lekker dik botter

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Comments (2)

  1. posted by Iris Abbott on January 20, 2015

    Op watter stadium kom die room in??

    • posted by JPetro on January 20, 2015

      watse room? die resep bevat net volroom melk?

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!