Loader

Wildsvleis preservering.

2013-06-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Gestopte Gemsbokfilet

  • Springboksosaties

  • Vlakvarkbredie

Wildsvleis preservering.

Hallo Almal
Ek is nuut op die forum maar wil graag met julle my nuwe stokperdjie deel. Ek het so twee jaar gelede ‘n hoop vleis, waaronder baie wildvleis, verloor agv. ‘n krag krisis. Ek het begin rondkyk na ‘n alternatief om wildvleis te preserveer (anders as net biltong en droëwors).
Die resultaat was dat ek die trotse eienaar geword het van ‘n hoëdruk koker (canner) en begin het om vleis en later hoender en later sop en allerhande bederfbare kos in te maak.
Deesdae konsentreer ek hoofsaaklik op hoender, wildsvleis en varswatervis met fantastiese resultate. Ons kamp graag en ek maak dan ‘n ‘maaltyd’ in ‘n bottel in en neem saam. Dit behels of hoender of wildsvleis met aartappels, wortels, uie, knoffel alles in dieselfde bottel. Maak warm en jy het ‘n volledige maaltyd binne 5 minute. Ons is juis op pad om te gaan jag die naweek en ek het reeds 12 bottels ingepak, die helfe kerrie hoender met groente en die ander helfte rooibok maalvleis met groente.
Die koste om jouself in te rig is bietjie duur maar ek het ‘n plaaslike vervaardiger van die potte in SA ontdek wat ‘n vlekvrye staal ‘canner’ vervaardig van die hoogste gehalte, die Amerikaanse ‘All American canner’ is duur en kos ‘n plaas se geld om in te voer. Bottels word oor en oor gebruik, ek het by ‘n tannie in Sinoville 300 bottels gekoop wat uit die sestigerjare dateer en ek gebruik hulle met groot sukses!
Kort van die lank is dat jy ingemaakte vleis tot 5 jaar kan bêre en dan slegs 5 persent van die voedingswaarde gaan verlore teenoor vries waar vleis wat langer as ses maande gevries word se tekstuur en smaak en voedingswaarde drasties begin afneem.
Ek dink daaraan om die proses in SA te probeer bekend stel en uit te brei, miskien self kursusse aanbied indien daar genoegsame belangstelling is.
Die voordele van ingemaakte kos is legio, ook veral vir die feit dat geen preserveer middels gebruik word nie. As die regte prosesse gevolg word is die kos ook honderd persent veilig!!
Ek sal graag die lede se reaksies wil hoor.
Volgende keer plaas ek my gunsteling resep vir ingemaakte wilds maalvleis.
Baie dankie Dries Cremer.

Recipe Type: Tags: , , , , Ingredients:

Comment (1)

  1. posted by Christo Herbst on July 8, 2015

    Hallo Dries,
    Ek vind hierdie onderwerp interressant en sal graag meer wil weet oor die toerusting vir inmaak van vleis.
    Christo Herbst

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!