Loader

Wildspastei

2013-06-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 33
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

33 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Strooperige Koeksisters

Wildspastei met skilferkors….

Jy het nodig:

1 wildsblad of -boud
500 ml bruin asyn
2 lourierblare
500 ml rooiwyn
200 ml bruin asyn
6 heel peperkorrels
2 lourierblare
5 heel naeltjies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml sonneblomolie
1 ui, fyngekap
250 g repiespek, in klein blokkies gesny
2 velle blaardeeg
1 eier, geklits

So gemaak:

Plaas die vleis in ’n groot bak.
Gooi die 500 ml bruin asyn en die lourierblare bo-oor.
Plaas die bak in die yskas en laat marineer vir minstens 3 dae.
Draai dit elke dag om. Haal dan die vleis uit die marinade, spoel dit af en plaas in ’n groot kastrol.
Voeg die rooiwyn, 200 ml bruin asyn en speserye by. Geur met sout en peper. Sit ’n deksel op en bring tot kookpunt op die stoof. Draai die hitte af sodat die vleis baie stadig kook. As die sous te min word, kan jy nog water byvoeg. Ek kook wild oornag fyn oor ’n baie lae hitte. Om vleis fyn te kook, duur lank – minstens 6 tot 8 uur. Dit sal dan ’n draderige tekstuur hê en van die been afval. Verwyder die been.
Braai die uie en spek saam in die sonneblomolie.
Voeg by die fyn vleis en geur met sout en peper, indien nodig.
Skep die vleis in ’n oondbak, of maak individuele pasteie in klein oondbakkies.
Verhit die oond tot 200 °C.
Laat die vleis afkoel voor jy die deeg bo-op plaas en dit verf met die geklitste eier. Maak deegversierings, soos blaartjies, bo-op die deeglaag. Sny twee kepe bo-in die deeg sodat stoom kan ontsnap.
Bak vir 30 – 45 minute tot die deeg gaar en mooi goudbruin is..
.
.

Recipe Type: , Tags: , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!