Loader

Skotse Eiers

2015-03-18
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Bestanddele:
· broodkrummels
· 4  varkworsies
· Koekmeel
· Sout
· Aromat 
· gemengde kruie
· 1 geklitste eier
· 4 gekookte eiers
. olie

Instruksies:
· Geur die eier en klits , hou eenkant, geur nou jou broodkrummels met Aromat , knippie sout en gemengde kruie in ‘n aparte bak
· Sprinkel  genoeg koekmeel op jou werksblad; vryf koekroller met koekmeel
· Verwyder die vel van die wors en druk die wors se vleis uit in ‘n bak (onthou 1 worsie per 1 gekookte eier)
· Vorm die worsvleis in bol en gebruik die koekroller om doe bol plat te rol, voeg meer meel oor die blad as dit vasklou aan die koekroller
· Plaas een gekookte eier in die middel van die plat gerolde vleis en vou ‘n bal om die eier met die palm van jou hand
· Doop dit in die geklitste eier, maak seker dit is deeglik bedek
· Liggies rol dit nou in die broodkrummels totdat goed toe is
· Verhit  olie in ‘n pot op medium hitte,  die olie moet net warm genoeg wees om stadig te bak 
· Braai alkante tot lig goudbruin, pasop vir te warm olie, krummels gaan gou brand !

 Geniet dit !!

Met dank aan:  Maritza Farham via Boerekos

 

 

 

 

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!